COKE en SPUR – aandeelhouers in wat?

Was jy al ooit in PYN? Die physio gee jou oefeninge en aanvanklik is jy so getrou – jy wil ontslae raak van die pyn! Maar soos die pyn verminder, so verminder jou ‘commitment’ om gereeld die oefeninge te doen. Eendag vra ek ‘n dokter hoe lank moet ek die pynpille drink … en sy antwoord was:”Jy sal self ophou – soos die pyn minder word, sal jy vergeet om die pille te drink.”

So is dit met meeste nuwejaarsvoornemens en ander groot besluite – insluitend om SPUR, DSTV of nou onlangs, COKE, te boikot deur blanke Suid Afrikaners. Die pyn word beter: ons vergeet en vergewe.

Wit Suid Afrikaners wat sedert 1994 nogsteeds een of ander bedreiging inhou volgens die media en die wat die voorblaaie van Suid Afrikaanse nuus bestuur en beheer. Weet die wêreld nie lankal dat Apartheid verby is nie? Ons almal se kinders het swart maatjies, ons praat Afrikaans by partytjies met die swart ouers en skreeu vir dieselfde skool! Ons het swart vriendinne en ‘n ‘smoke break’ by die werk verteenwoordig al die kollegas!

SPUR het die finansiële impak gevoel toe hulle ‘n blanke gesin uitgesmyt en verban het! Kinders baklei in ‘n speelarea, toevallig een kind swart en een kind wit. Ouers raak betrokke en SPUR besluit om die wit gesin te verban – nie altwee gesinne nie! ‘n Groot hoop blanke Suid Afrikaners besluit om SPUR te boikot.

… vir ‘n rukkie.

Maar met tyd, soos die pyn van die onregverdigheid minder word, raak hulle lus vir daai ‘chicken schnitzel’ en die lekker speelarea. Met tyd word die wonde gesond en SPUR se tafels is weer vol met al die blankes wat maande lank weggebly het.

Multichoice verban Steve Hofmeyer, want as dit by Afrikaans en wit mense kom, is hy nie op sy bek geval nie. Hy vertel die waarheid en die seer van wrede plaasmoorde. Om die een of ander rede is daar geen reaksie as Julias Malema ‘Kill the Boer, Kill the Farmer’ sing nie. ‘Freedom of Speech’ is blykbaar ‘n ‘black priviledge’. Blankes het hulle subskripsies gekankseleer, NETFLIX het oornag nuwe aanhangers gekry.

… vir ‘n rukkie: meeste het intussen maar die DSTV nommer gebel en betaal getrou hulle maandelikse subskripsie.

COKE sê skielik ons moet nou ‘minder wit wees’ – dit impliseer ons kultuur, ons denkwyse, ons menswees, ons bestuurstyl, ons koop, kuier en kultuur moet … meer swart wees? Vir ‘n slag kom die aanslag nie uit Suid Afrika uit nie, en affekteer nie net blanke Suid Afrikaners nie! Ons is nie alleen op die wa wat COKE wil boikot nie, maar ons is dieselfde mense – wit mense!

Die regering het lankal duidelik gemaak hoe laag blanke Suid Afrikaners op hulle prioriteitslysie lê! Covid-verligting was slegs aangebied vir besighede wat aan BEE-vereistes voldoen: met ander woorde – blanke klein besighede is te wit om gehelp te word. Die media mag nie op plaasmoorde rapporteer nie: blanke boere is te wit om beskerm te word! Oorwegend blanke kinderhuise mag nie meer toelae kry nie. Blanke studente het ander vereistes vir universiteite as swart studente.

Ons leer ons kinders om almal lief te hê en te aanvaar, dan kom die regering en maak ons kinder rassiste deur die onregverdigheid aan te wakker in sport en akademie!

Het hulle nie genoeg blanke Suid Afrikers reeds landuit gejaag nie? Nou voel SARS dit aan hulle sakke – skielik moet expats meer belasting betaal.

Sosiale media is vol fotos en aksies om COKE te boikot. Hoe lank sal mense ‘wit bly’ en COKE uit hulle trollie sny?

Sê nou Coke het gesê “Be Less Black”… ?

Black Lives Matter sou reeds regoor die wêreld besig wees met optogte, met of sonder maskers – Covid sou tweede plek ingeneem het teen die arrogante en onaanvaarbare aanval teen hulle menswees. Ek haal my hoed vir hulle af, maar … witmense is net nie so nie?? Ek persoonlik lees van die kantlyn af en is so bang om gevang of gekriminaliseer te word! Die wat so opstande reël vir dit waarin hulle glo – ras, geloof of ‘gender’ … ek haal my hoed v jou af.

As ons teen plaasmoorde in opstand kom, is daar doodse stilte! Almal teenwoordig, swart en wit, kniel en bid! Ons smeek in stilte vir hulp, dat die wêreld die onregverdigheid moet raaksien! Die Capitol Hill sage is uitsonderlik, gedeeltelik omdat wit mense totaal en al anders opgetreë het as wat die wêreld aan gewoond is!

Wil COKE hê ons moet plakkate rondswaai voor hulle fabrieke, paaie blok en optogte hou soos Black Lives Matter? … maar ons is wit. Ons benader en ons dink en ons doen net anders! Black Lives Matter het ongelooflike impak, ondersteuning EN duisende blankes wat saamstem: maak dit hulle minder wit? Honderde swartmense het saamgekom teen plaasmoorde: maak dit hulle minder swart?

Dit wys net ons is almal mense, maar ons ook anders in ons taal, ons kultuur en benadering – nie verkeerd nie, net anders!

Suid Afrika is die mooiste land, die reënboognasie waar kinders van verskillende rasse en kleure en gelowe in parkies moet saamspeel, aangemoedig moet word om mekaar te ondersteun. Ek is moeg vir die plakkate wat skreeu ‘Gay Rights’ en ‘Black Lives Matter’, terwyl die wêreld nie verstaan dat in Suid Afrika ons regtig moet baklei vir ‘WHITE LIVES MATTER’ nie.

… en al wat ons eintlik wil hê is dat almal net kan wees wie hulle is, swart of wit, en dat dit OK is!

Wanneer gaan die media begin om die toestand van paaie, treine en skole op korrupsie te blameer en geskiedenis handboeke ophou om nogsteeds Apartheid te publiseer: die storie by 1994 stop? Waar is die stories hoe blanke mense duisende kospakkies bymekaarmaak en die armes help, swart en wit. Suid Afrika vandag is ‘n produk van korrupsie: Zuma en die Guptas se sakke is vol geld wat moes skole en universiteite bou, sodat honderde kinders nie nou op waglyste moet wees vir ‘n basiese reg van SKOOLGAAN nie!

COVID lockdown het die wêreld se ekonomie geruk soos nog nooit tevore nie. Was dit die wit mense wat kospakkie-bedrog gepleeg het toe mense nie kan werk nie? Was dit wit mense wat in Januarie 2021 miljoene dollars ontvang het vir vaksienes wat nie eers bestel is nie? Dit was ook nie swartes nie! Dit was KORRUPTES!

Dalk moet COKE sê “Wees minder Korrup”! Dalk moet SPUR almal uitjaag wat baklei! Dalk moet Multichoice altyd ‘freedom of speech’ ondersteun, nie net as hulle aandeelhouers geaffronteerd of bedreig voel nie.

Ek is trots daarop om ‘n wit Suid Afrikaner te wees. Ek glo, soos duisende ander blankes en swartes en bruin of Indier, dat die beste kandidaat die werk moet kry, dat die studente almal dieselfde punte moet kry om dokters te word, dat alle besighede dieselfde ondersteuning moet kry van hulle regering af, dat alle boere opgepas moet word. Ons almal wil gelyke regte hê, maar nie COKE, SPUR of Multichoice help ons om daar uit te kom nie!

Ons is van daai expats wat nie kon werk kry nie, wat ons kinders en ons mense in Suid Afrika agtergelos het. Die hemel alleen weet waar ons nou sou wees – ons klein besigheid sou COVID se lockdown eenvoudig nie oorleef het nie. Soos dit was het ons ‘n maand-tot-maand oorlewing gevoer.

Hier in Suriname is daar nie PEPSI nie, hier is ook nie ‘n SPUR nie. Ons drink skaars gaskoeldrank – so dit is maklik om altwee te boikot.

Maar in Suid Afrika glimlag COKE en SPUR al die pad bank toe: hulle weet wit mense vergeet en vergewe maklik, hulle boikot net ‘n rukkie voordat hulle teruggaan na wat lekker en plesierig is. Ek kan nie aan ‘n enkele Brandy&Coke drinker dink wat Pepsi bo COKE verkies nie!

En die eintlike vraag is dit: HOEKOM MOET HULLE PEPSI EERS OORWEEG? Hoekom moet ons aanhoudend baklei vir wie ons is? Wanneer gaan die wêreld aanbeweeg, elkeen sy plekkie onder die son gun en net … aanvaar? Ons is verskillend. Wanneer ons kuier met verjaarsdae en as ons makiete hou vir ‘n troue, doen is dit verskillend in verskillende tale, met verskillende tradisies en verskillende kulture! Dit maak niemand reg of verkeerd nie!

Miskien moet COKE sê “Be more accepting! Be more understanding!”

Ek is Afrikaans: ek mis ‘n lekker Afrikaanse film en dink ons Afrikaanse aksie reekse is die beste in die wêreld. Binnekring, Sonkring, Saartjie en die meer onlangse Byl se jagtog na ‘n reeksmoordenaar is WÊRELDKLAS! Hoe moet ek minder wit wees? Minder Afrikaans wees?

Hier maak ons nuwe vriende, ons pas in en ons pas aan – as wit mense. Ons maak nuwe vriende met ander rasse, ander kulture en beleef die misverstande van taal en kultuur aanhoudend. Soms verander my denkwyse en ek kry insig van ‘n ander kant af as my beskermde lewe in Suid Afrika – maar ek bly wit! Net soos my nuwe vriende swart bly, of Hindu of Spaans … of wit van ‘n ander taal!

Natuurlik is die rasse-probleem groter en aansienlik meer kompleks as COKE, SPUR of Multichoice, ek lees dit elke dag in my Kriminologie handboek raak. Hoe lank dit vat om te verander, om aan te pas. Maar COKE se benadering help verseker nie – hulle is net nog ‘n aandeelhouer om rasse-haat en rasse-konflik aan te moedig en te verdiep! Miskien het hulle ander woorde gebruik, maar hulle kon net sowel op die stoep saam Julias Malema ‘Kill the Boer, Kill the Farmer’ gaan sing!

One Reply to “COKE en SPUR – aandeelhouers in wat?”

  1. Ek hou van jou opinie: Dit was die korruptes wat die gekd gesteel het.
    Ek is so gewoond om in die minderheidsgroep te wees. Ek en my dogter doen musiek, iets wat al die jare die agterspeen suig waar ookal. Ons het besluit dat ons nie sal baklei vir ons regte nie, maar eerder op ons manier ‘n manier sal vind wat vir ons werk om steeds ons musiek te geniet. So, as wie ookal ons wittes probeer uitsluit hou ek aan om my lewe op my manier te geniet. Ek probeer om nie vir hulle die satisfaksie te gee deur op enige manier te reageer nie. Ek dink ons is ei tlik maar te min om regtig ‘n merk te maak. ❤️

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s