Ghana se stofstrate na êrens of nêrens.

Dit is Maart 2018. Ghana het vinnig gekom, skielik en onverwags. Die projek sou duur tot Augustus en van daar af sou ons hele gesin pak en trek of Lyf sal terugkeer na die land van melk en heuning, soos ons mense altyd gedink, gehoop en geglo het. Suid Afrika.

Daar is darem baie dinge waaraan mens dink. Vir jare sê ek al ons sal nooit immigreer nie, ek is heeltemal te lui om te pak!

Hoe pak mens, byvoorbeeld, jou huis in ‘n tas?

Dit is nie net die keuse van klere en meubels nie, watter herhinneringe en gedagtes word gepak en watter los jy agter en hoop Alzheimers kom steel dit nie? Ek het so deur die huis gestap en gedink “Jy gaan saam, ag dankie tog ek kan jou wegsmyt, eish – vir jou sal ek moet insmokkel …”. Dit is nie net ‘n container wat getrek moet word nie … mens pak letterlik jou lewe in ‘n tas.

Die tweede groot kopseer was skool. Skielik sal ‘n nuwe jaar in September begin terwyl hulle hier eers Desember klaarmaak. Engels is nie die probleem nie, Engelse handboeke en terminologie … dit is heeltemal ‘n ander storie!

Nuwe mense.
Nuwe winkels.
Nuwe geld.
Nuwe strate.
Nuwe huis.

Hoe pas mens aan sonder jou seuns en skoondogters naby, ver van jou kleinseun, sonder jou ouers se skouers en boeties en sussies wat maar ‘n oproep ver is?

Ek weet nie. Ek kan dit nie vir jou sê nie. Wat ek wel vir jou kan sê is dat die onbekende mens laat beplan vir dinge wat nooit gebeur nie en mens laat bekommer oor paaie wat nooit jou pad gaan kruis nie.

Pak of nie pak nie: ons kan altyd droom. Nog altyd het ek hierdie idilliese prentjie van myself gehad in die stofstrate van Afrika met ‘n lang romp en leersandale, so lang, slap materiaal handsak skuins oor my lyf en los hare wat in die wind waai onder ‘n breërandhoed. So, het ek gedroom, sou ek die verlang en bekommer in die stofstrate van Ghana aanpak.

Ek het egter nie ‘n enkele treë gegee op enige pad in Ghana nie.

‘n Maand later het ek en Lyf weer saam die teerpaaie van Gauteng aangedurf en in die roetines geval van pre-Ghana. Asof Lyf nooit weg was nie.

Iets wat nooit was nie, het tot ‘n einde gekom. Die stofstrate van Ghana gaan toe nie almal mark toe nie …

Die strofstrate van Ghana se doel was heeltemal anders as myne, soos God se plan meestal is. Leerskoene loop dalk lekker op ‘n stofpad, maar jy sukkel op die los seesand. Soms moet ons maar ietsie aantrek vir die warm teerpad en ander kere het ons nodig om klimtoerusting uit te haal vir die klim boontoe of die abseiling af aarde toe. Dis nogals die moeite werd om ‘n paar spykerskoene op bystand te hê wanneer jy daai ‘sprint’ op die tartarbane voorlê … maar meeste van die tyd kan jy maar kaalvoet in die tuin loop of met jou gemaklike slippers in die bed bly, want jy gaan nêrens.

Soms is ons werk en ons doel elders, maar meestal is dit net hier – by die huis tussen jou eie mense.

Ghana se stofpaaie het my geleer om ander vrae die vra. Dalk nie wat op te pak nie maar eerder wanneer moet ek pak.

Op Ghana se ongeteerde, onduidelike paaie het ek besef ek beplan, bekommer, droom, verlang en huil maklik terwyl ek eintlik net geduldig moet wag tot God sê DIS TYD!

Of dit tyd is na nêrens of êrens, trek gemaklike skoene aan, gooi so lekker slap sak vol geloof oor jou skouer, ‘n hoed vol drome op jou kop en stap vol verwagting na waarheen die pad jou ookal lei.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s