Ma se 1, 2, 3 Bederf Jouself Partytjie!

HELP-EN-GEE-2017!  

Knysna Brande!  Help en gee asb.

Water Tekort in Kaapstad!  Help en gee asb.

Gauteng se verwagte water krisis!  Help en gee asb.

Die kinders in die skool wat sukkel!  Help en gee asb.

Die omgee-week vir bejaardes!  Help en gee asb.

Die honde-projek in die Kalahari!  Help en gee asb.

Die familie-lid wat afgedank is.  Help en gee asb. 

Die grootste bydrae hier is natuurlik van ‘n Ma!  Sy kry dit wonderbaarlik reg om met elke projek iets bymekaar te skraap en saam te stuur.  Elke keer met ‘n glimlag ander te help.  In haar reeds gedrukte begroting ‘n paar rand uit te grawe en haar kinders te wys hoe lyk goedhartigheid.

Om ‘n Ma te wees is voorwaar ‘n wonderlike ding!  

Ma’s staan die hele jaar gereed vir die huismense, die werksmense, die menu, die aktiwiteite, die sport.  Dis klere koop met die geld wat jy naief vir jouself gespaar het.  Dit is asem ophou, bid en huil saam met jou kinders se hartseer, jou man se bekommernisse.  Moed inpraat wanneer jou kind nie die span gehaal het nie en trane afvee as sy ‘n slegte dag op die verhoog gehad het. Dit vat kosmaak of jy honger is of nie, regstaan vir die een vol fiemies en kreatief dink as iemand skielik nie meer brood in sy kosblik wil hê nie.  Dit is vroeg opstaan, kosblikke pak en die huis aan die gang kry al het jy vir die soveelste aand nie geslaap nie.

Ma-wees is soos ‘n Pretpark, ‘n emotionele “roalercoaster” van geluk, gelukkig en gee … en soos jy bo is, skielik val en skreeu en bid vir jou lewe!  En ten spyte van jou gevoelens van angs in die oomblik, klim jy naar onder af uit die nagmerrie-rit waarvoor jy vrywilliglik betaal het.  Uit liefde vir die saak, stap jy na die volgende een met alle verwagtinge om die beste daarvan te maak twv jou kinders, twv die saak 🙂

Dit sal ‘n leuen wees om te sê ‘elke oomblik is ‘n plesier‘, hoe ‘n enkelouer dit doen weet ek nie … want as Lyf in die huis nie die vroeg opstaner was nie, sou iemand in 2017 laat gewees het vir skool.  Hoe ons ouers dit gedoen het sonder ‘n selfoon se ‘reminders’ en elektroniese kalenders gaan my verstand te bowe!

Die vakansie staan op ‘n einde en voortuitsigte van ‘n nuwe jaar is vol verwagtinge, hoop, angs, die onverwagte, die onbekende en opwinding reeds in volle swang!  Verkeer het weer toegeneem soos die massas terugkeer werk toe.  Nuwe dagboeke en nuwe blaadjies is aan die orde van die dag.  Een van die mooiste en opwindenste dinge is voorwaar Januarie elke jaar!  

Is dit nie genoeg rede vir Partytjie nie?

Jy word vriendelik uitgenooit na my “Bederf Jouself 2018 Partytjie!”

Al die Ma’s op my ‘contact list’ is genooi, bring ‘n persent wat jy graag wil hê en draai dit toe soos jy dit graag wil ontvang.  Ons gaan speletjies speel en geskenke uitruil.  Ons gaan giggel soos dogtertjies om ‘n tafel vol eetgoed wat die eetkamertafel soos ‘n Tuisnywerheid laat lyk.  Dit is ‘n partytjie sonder dieëte.  ‘n Partytjie sonder verwagtinge!  Ons gaan in die swembad spring soos kinders en van die duikplank afduik soos tieners!  Niemand gaan oordeel nie.  Niemand gaan kyk nie.  Niemand gaan preek nie, niemand gaan ‘n belangrike boodskap lewer vir 2018 nie. Nuwejaarsvoornemens gaan nie bespreek word nie, en daar is geen tyd op die uitnodiging wat sê hoe laat jou Ma jou moet kom haal nie.

Iewers deur die dag is dit tyd om persente oop te maak:  en vandag kry jy iets wat jy graag wil hê!  ‘Own it!’  Maak dit oop en wees verbaas asof ‘n geheime bewonderaar dit vir jou kom aflewer het.

Daar sal ‘n Fortune Cookie Marshmallow tert wees:  en as jy so deur die tert sny en ‘n fortune cookie opspoor, sal jou hande oor jou mond slaan en jou oë groot word van bewondering, asof jy nie ooit kon dink dat ‘n tert vol verassings kan wees nie.  As die aand laat word en jy slaan ‘n glas Amarula weg sonder om te blik of te bloos, kan jy maar om jou kyk en weet jy is nie die enigste een nie!  As jy vaak raak, slaap op die bank tot jy skaamteloos wakker word!  As jy honger word, gryp nog ‘n stuk sjokelade koek! As jy genoeg gehad het, ry of bel ‘n ‘lift’.  As jy nie ‘n woord wil sê nie, bly stil.  As jy weer jonk wil voel met jou ekstra 10 of dalk selfs 20 Kg, hou partytjie in jou bikini.

Dit is ‘n bederf partytjie!  Een waar ‘n Ma oor niks bekommerd hoef te wees nie.  ‘n Plek waar sy uitbundig kan lag, onophoudelik kan eet, kan swem of slaap of drink of babbel en giggel.  ‘n Partytjie waar sy die kind kan wees sonder bekommernisse.  ‘n Partytjie waar sy die geskenk van haar drome kan oopmaak en skatte in ‘n tert kan vind!  ‘n Partytjie waar sy vir niemand niks hoef te gee nie!

Wat ‘n blink gedagte … en wie sal kom?  Hoeveel Ma’s sal opdaag en malwees sonder om te ‘worry’ wat die ander van haar dink?  Hoeveel Ma’s sal ontspan en kommervry optree soos haar kinders vir een dag … net een dag?  Hoeveel Ma’s sal opdaag sonder om ander te oordeel met haar oë, uit te trek met haar gedagtes en skinderstories bymekaar te maak vir later … ?

Want sien …

Die eintlike probleem is nie of jy gaan opdaag nie.  Gaan jy opdaag met ‘n hart sonder oordeel?  Die probleem is nie of jy ‘n geskenk gaan bring nie, die vraag is of jy ‘n geskenk gaan bring wat jy graag wil hê of wat kompeterend is met ander s’n.  Die vraag is nie of jy nog jonk genoeg van hart is om soos ‘n kind partytjie te hou nie, kan jy jou gesin se probleme en die jaar se bekommernisse opsy sit vir jouself?  

Ma’s lewe in ‘n wêreld vol boksies van wat aanvaarbaar is of nie.  Wat toegelaat word en nie.

Die eintlike vraag is dit:  as ek jou uitnooi, sal jy opdaag in ‘n bikini, sonder ‘n dieet, met jou duur geskenk wat tydsaam toegedraai is en een dag toelaat dat niemand anders se opinie tel nie?  Sal jy kan huistoe gaan met ‘n boks vol stories van lag, partytjie, koek en dalk self ‘n glasie of twee Amarula … of skinderstories van ander se lywe, sorgelose-kinderlike optrede, die vrou wat so bietjie beheer verloor het en ‘n tabel van vergelykings tussen jou geskenk en ander s’n.

Sal jy kan partytjie hou en vergeet van die lewe en realiteite vir ‘n dag?  Net een dag totaal en al vir jouself?  Oor jouself! 

Die jaar wil ek net partytjies hou. Ek wil verbaas wees oor alles wat ek ontvang!
Ek wil dankbaar rondtrippel vir elke geskenk (tasbaar of nie).
Ek wil na mense kyk met verwondering (sonder oordeel en boksies en opinies).
Ek wil na myself kyk deur Lyf se oë, deur my kinders se oë en deur God se oë.
Ek wil die jaar lewe ongeag ander se opinies en oordeel van wie ek is.

Hiermee word jy vriendelik uitgenooi na my 2018 Bederf Jouself Partytjie.

Tyd: 1 Jan – 31 Des 2018
Plek: Waar jou voete jou ookal dra.
Bring saam: ‘n Kinderhart, Mense wat jou opbou, Geskenke wat geld nie kan koop nie.
RSVP … tussen 00h00 en 23h55 elke dag!

PS – ander se opinies, oordeel en skinderstories moenie tel nie, en jy moet ook nie waardevolle tyd mors om hulle bymkaarmaak nie. 

Advertisements

One Reply to “Ma se 1, 2, 3 Bederf Jouself Partytjie!”

  1. Jou ma-wees storie is vol lag en erns. Tekens van ‘n lewe vol lag, huil, kind wees, liefdevolle pa wat net laat gaan en ‘n “hopeloos te veel” streng ma wat die leisels bymekaar probeer hou! Daarmee saam kom ‘n God van liefde en genade! Mammie … met bietjie heimwee?!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s