Mars is ‘Affair-Proof’

My eintlik doel met die blog was om te sien wat is vriendinne se reaksie as jy die groot bom moet los “EK HET ‘N AFFAIR!” … wat sal ek doen as iemand my so ‘n hoogs geheime brokkie nuus moet vertel. 

Want kom ons wees eerlik: die feit dat iemand so iets geheim hou, is vir my absoluut ongelooflik (dit is waarskynlik die enigste ding wat ek hier kan admireer – dat ‘n girl instaat is om so groot geheim vir haarself te hou!)

Ek vra verskeie vriendinne en familie toe hulle reaksie, as ek sou erken dat ek wel ‘n geheimsinnige verhouding het.

Ek verwag reaksies soos “HOE KON JY!!!“,

of “gaan dit so sleg … ek het nie eers geweet dit gaan bietjie sleg nie!”

Ek is seker iemand sal sê “Nos, ek is tot in my diepste siel in jou geskok!  Ek het dit van baie mense verwag, maar nie van jou nie!

My sussie se reaksie is nader aan verwagting: “Sussie, ek sal jou eers blissem (net so), dan kerk toe vat dat die dominee met jou kan praat!” … ek vermoed teen die tyd sal ek moet lieg dat ek in ‘n kas vasgeloop het, want dit is dag wat my Sussie haar hande vir my sal lig … hoe kan ek dit aan haar Ouboet doen!

My Ma is heeltemal ‘confused’ – “Hoekom wil ek weet wat ander sal sê as ek nie ‘n ‘affair’ het nie?” – absolute vertroue in haar dogter se getrouheid 🙂 Thanks Mother!

Lyf volg my ‘dilemma’ met ‘n glimlag – hy weet, ek weet – hier sal nooit ‘n ‘affair’ wees nie.  Ons is ‘soul-mates’, die regte definisie van ‘liefde-met-die-eerste-oog-op-slag!’

Die oorwegende reaksie is emoji’s wat lag dat die trane rol, “Jy sal nooit nie Man!”, “Yeah Right – almal behalwe jy!”, “Jy sonder Lyf? ‘Ain’t gonna happen!” Party sê nie ‘n woord nie, net emoji’s wat lag! Nie een nie, nie twee nie – sommer so vyf in ‘n ry!  Kan amper hoor hoe lag die girl terwyl sy nog een en nog een en nog een vir my Whatsapp!  ‘Yeah Right!”

Die slotsom was toe heeltemal anders as wat ek gedink het.

In plaas van om geskokte reaksies op ‘n komiese manier te probeer skryf, moet ek eenvoudig saamvat dat Lyf ‘Nos-het-‘n-Affair’ Bestand is!

Wat skokkend is, sou ek ooit by so ‘n belaglike, uitputtende besigheid betrokke raak – is ek absoluut op my eie.  Niemand gaan my glo nie.  Ek sal self vir Lyf moet huur as privaat speurder om te kom spioeneer en die harde waarheid op kamera vas te vat!  Een vriendin sê “Go for it!” – ek reken sy bedoel ek moet in so geval vat wat ek kan kry, geniet dit terwyl dit hou … maar nee!  Sy bedoel ‘Go for it! … probeer!  Jy is te getrou om ooit vir Lyf se verraai … “

En … ek is!  Lyf is my lyf, en ek is sy Nos – ons is ‘affair-bestand’!

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s