Werksoek vir die Elite!

Daar is ‘n oorlopende hoeveelheid platforms wat al jou persoonlike inligting vereis en voorgee dat jy deur hulle webwerf vir werk kan aansoek doen.  Careers 24.com, PNet, LinkedIn … die lys is lank!

Inderwaarheid is dit net ‘n middelman na die Werwingsmaatskappy of die Werkgewer waar jy vir ‘n tweede of selfs derde keer al jou inligting moet invoer.

Die proses is lank, uitputtend, duur en vir meeste werksoekers ‘n hopelose proses … 

My logika kan ‘n elektroniese siftingsproses verstaan!  Is dit regverdig?  Hoe kan ‘n rekenaar sien die persoon het nie die vereisde kwalifikasie nie, maar maak op in ervaring!  Hoe demokraties is die proses as ‘n rekenaar sorteer en voorkeur gee volgens ras en geslag?  Het die sisteem ook ‘n elektronies-ingeboude ‘face analysis’ funksie soos Facebook wat vir die werkgewer kan sê in watter departement jy sal aard, of jy ‘n sterk leier of volger is, of jy self gedissiplineerd en hardwerkend is en is jou sterk punte data of admin!

LinkedIn het my baie opgewonde gehad met hulle skakel “Apply with LinkedIn” … tot ek besef het dit is eintlik ook maar net ‘n middelman-funksie na ‘n werwingwebwerf soos P.Net en van daar af dan weer na die Werkgewer!   Uiteindelik doen jy tot drie keer aansoek vir een werk, en moet dan nog jou CV en ‘n weldeurdagte dekbrief ook aanheg.

In die proses maak elke webwerf verdere inligting bymekaar deur kodewoorde te identifiseer vanuit jou werkervaring net om môre vir jou nog ‘n lys van 40 ekstra werksaanbiedinge te stuur waarvoor jy kwalifiseer!

Hoekom soek jy werk?
– Het jy jou werk verloor?
– Is jou besigheid net nie meer stabiel nie, jy soek sekuriteit?
– Dit is dalk net eenvoudig tyd vir ‘n verandering!

Ek het slegte nuus vir jou – werksoek is nie Gebruikersvriendelik nie!

Jy het nie werk nie, jy het nie geld nie, jy het nie internet nie … maar jy moet alles op ‘n rekenaar doen (herhaaldelik) en soms vra die werkgewer nog dat jy alles fax ook.  Hoe moet iemand wat reeds alles verloor het, hierdie proses finansier?

Jou besigheid is nie stabiel nie, jou tyd is beperk – as daar werk inkom moet jy so gou as moontlik klaarmaak en fakture uitkry.  Jy sit ekstra ure en tyd in om kliënte te werf en gelukkig te hou in ‘n desperate poging om jou besigheid van ondergang te red!  Jy het nie 2, 3 ure om elke oggend deur die emails te werk en op elke platform weer ‘n keer al jou inligting te laai nie.  Tyd is geld!  Jy het nie ekstra tyd nie!  En jy het nie ekstra geld nie!

Dit is tyd vir ‘n verandering.  Jy kan tog nie jou werk se internet en rekenaar gebruik en openlik werksoek nie?  Maar in jou persoonlike kapasiteit het jy nie onbeperkte internet nie, jy moet jou persoonlike rekenaar gebruik.  Jy moet môre uitgerus by die werk kom, maar om werk te soek moet jy na ure daaraan tyd spandeer wat jou tot middernag of later uit die bed sal hou.

‘n Spesialis-werksoeker pos is beskikbaar teen R0 per uur:  voorvereistes –
– jou eie onbeperkte internet,
– jou eie voertuig om fakse by POSTNET te stuur en te betaal,
– jou eie printer (maak seker jy het ‘n spaar cartridge in die kas) en
– baie tyd op hande.
NB – Neem kennis: Geen privaatheid of beskerming van persoonlike inligting word verskaf nie.
NB – Pos is onmiddelik beskikbaar!
NB – Geen opleiding benodig nie.

Werksoek is ‘n proses waar jy jou persoonlike inligting wyd en suid op die internet plaas in ‘n desperate poging om werk te kry sodat jy vir jou gesin kan sorg en jou laaste sente moet spandeer op internet en fakse.  Net om oorgelaat te word aan die oordeel van ‘n rekenaarprogram in ‘n siftingsproses waar niemand jou bel of ooit ‘n woord met jou praat nie en waar jou ras jou ondergang kan beteken, of jy geskik is vir die werk of nie.

Werksoek is vir een of ander elite groep mense met onbeperkte internet, ‘n persoonlike fakslyn en tyd op hulle hande.  Werksoekers is egter heeltemal die teenoorgestelde … wie ‘cater’ vir hulle?

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s